OVK Vesel is die grootste hanteerder van sybokhaar in die wêreld en die tweede grootste wolmakelaar in Suid-Afrika. Die hanteringsfasiliteite van wêreld-gehalte in Port Elizabeth spog met masjienerie wat insluit die moderne aflaaifasiliteit vir vragmotors en ‘n hoë digtheidspers vir verskeping. Die wol en sybokhaar hanteringsfasiliteite beslaan ’n vloeroppervlakte van meer as 80 000m2.
Die werwing van wol en sybokhaar word gerugsteun deur ‘n landswye professionele span vir tegniese velddienste wat ’n enorme bydrae lewer tot die genetiese verbetering van wolskape en angorabokke, asook die kommersiële prestasie van wol, sybokhaar en vleisproduksie.
OVK Vesel koördineer ook skeerdienste, deur gehalte skeerders (hand- of masjienspanne) vir skape en sybokke beskikbaar te stel en het tussen 800 – 1000 skeerders indiens wat rondom 3,4 miljoen KVE (kleinvee eenhede) per jaar skeer.
Kopiereg © 2025 Alle Regte Voorbehou.
Ontwikkel deur Digital Platforms